REAL - RAW AND UNCUT and a few squirrels
- Matty-Lize Adams

- Aug 21, 2019
- 3 min read
Updated: Aug 23, 2019
Soos ek hier sit en my 1ste blog skryf, het ek trane in my oë… (en dit gebeur min!)
Vandag voel ek overwhelmed oor die ondersteuning wat ACS Youth Building & Empowerment kry. Dit voel net partymaar of ek – Julia Stander Lloyd – nie die sukses van ACS verdien nie.
Ek het in my lewe al soveel foute gemaak. Soveel verkeerde draaie en kronkel paaie geloop en ja, ek weet… “we are all only human”. Believe me, ek weet dit en ek soek nie simpatie of even empatie nie. My soeke is iets wat net ek vir myself kan doen. My soektog na self-aanvaarding (is dit ooit ‘n woord?). My soeke na vergifnis vir myself. En nee, ek het darem nie goed gedoen wat my in die tronk laat beland het nie… behalwe amper 1 keer. (Traffic cop 1 – Julia 0).
Kyk, my brein werk anders as meeste mense sin en partymaal is dit ‘n huge frustrasie!! Yes, ek het ADHD en generalized anxiety disorder. Of altans, dit is wat hulle ‘n paar jaar terug vir my gesê het. Miskien het ek nou iets anders. Who knows… Iets wat ek weet ek het, is iets wat my ouers my geleer het: ‘n NEVER GIVE UP attitude. Glo my, dìt is partykeer moeilik (insert vloekwoord).
My Goliat – quote Jo Black – is finansies. Onthou dat die titel van die blog REAL - RAW AND UNCUT is! Dis ‘n vicious sirkel. Een massive sirkel. Miskien is dit wat my terug hou – vergifnis vir my eie finansiële issues… Ek moes op 18 uit die huis en vir myself begin sorg. Daar was nie geld om te gaan swot nie, maar kom ek probeer nou nie myself fool nie: "Sou ek gaan swot?" Ek het nooit geleer hoe om met geld te werk nie. Ek het darem nou al ‘n beter idee, maar die skade is daar en dit vat (nog ‘n vloekwoord) lank om te herstel. No one to blame – net myself.
Anyhow, ek sien alweer squirrels. Ek het Above Talent Models begin net so bietjie meer as 6 jaar terug. Die agency doen eintlik heel goed, maar ek het nie mooi beplan vir die feit dat mens nie onmiddellik begin geld maak nie, hence lening op lening op lening. Have you ever tried to pay that stuff back?! Ps. MOENIE 087 nommers antwoord nie!! Hulle soek geld. En dan ACS en dan man, kind, huis… Urbanol anyone?!
Cash Crusaders – daar het ek al lang trane gehuil. En daar het ek ook al baie lekker gelag. Meestal oor die feit dat ek soos ‘n flippen drug dealer daar insluip met die hoop dat niemand my sien nie. Tot die dag wat jou een vriendin jou bel en vra wat jy in Cash Crusaders maak. Blikemmer die dorp is klein!!
Wat is die punt van my storie? Ek weet eintlik nie. Want dis hoe ek skryf. Dis hoe my brein werk. Daar is nie altyd ‘n punt nie. Maar ek weet daar is een ding en dit is HOOP. Ek WEET al my skuld gaan betaal word. Hoe weet ek nie, but I know it will happen. Wat môre inhou weet ek nie, maar is dit nie juis wat geloof is nie?
Hebreërs 11:1
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Kyk, ek is gelukkig ‘n dromer en ek glo soos ‘n kind. Ek GLO 100% aan miracles! Die God wat ek dien, Hy is die EEN wat als moontlik maak. En HY is die EEN wat vir my – Julia Stander Lloyd – lief is NES EK IS. Met of sonder skuld. Met of sonder my verlede. My TOEKOMS is in sy hande.
Mens vergeet soms om te fokus op die toekoms. Die verlede is klaar. Done. Oor en uit. Maar die toekoms maak my flippen opgewonde! Dis die een ding wat ek LOVE van myself, (very modest) en dis die feit dat ek nie baie lank “depro” bly nie. Ek is te kinderlik opgewonde oor wat miskien kan gebeur. Te bang ek mis iets. Te kinderlik opgewonde oor wat die toekoms moontlik kan inhou. Dis flippen exciting stuff!!!
ACS – dit is iets wat my BAIE opgewonde maaak. Ps. Blog post following soon...
Ek staan nou aan die einde van my “heel eerste blog”. (CELEB FEELING!) As ek nou terug kyk, weet ek nie eintlik waaroor my eerste blog gaan nie, maar maak dit saak? Nope, want:
EK IS GOED GENOEG NES EK IS.
Blessings en DANKIE,
Julia Stander Lloyd
FOUNDER



Goeie dinge gebeur met goeie mense.. En jy is n great mens! Jou positiwiteit is aansteeklik! Geluk met jou Blog! Dis awesome 🌹❤️🌹
Awesome! Ek love dit... Jou eerlikheid, jou plat-op-die-aarde gesels... En jou kop klink omtrent soos myne!! Well done!
Well done. Trots!
Great, hou so aan !
Luv dit... well done op jou 1st van vele blog's... jy het dit..